Gewildste

Huiswaarts vir ‘n afskeid

IN die 18de eeu was slawe op die suikerplantasies in Amerika verbied om begrafnisse te hou – hul eienaars bevrees dat dit in muitery kon ontaard. Lyke is in ongemerkte grafte in onbewerkbare grond begrawe.

Mettertyd het selfs die mees geharde eienaars hul slawe toegelaat om begrafnisse te hou. Ongeag jou klas of kultuur blyk dit ’n skande te wees om ’n sterfte te misken.

Die lewe van ‘n slaaf was so haglik dat die dood as ’n vorm van vryheid beskou is. Vir baie slawe was hul tuiste in Afrika hul laaste ongeskonde herinnering aan vryheid. Wanneer die dood jou verlos, kon jou siel ongehinderd huis toe gaan om tot ruste te kom.

Die reis na dié troostende hiernamaals is met oorgawe gevier. Begrafnisdienste onder die slawegemeenskappe het dus ‘n feestelike trant gehad, en is as ‘n “homegoing”, of ‘n “huiswaarts” gevier. Om vry te wees, is om huis toe te mag gaan.

Grendeltyd het my laat besef hoe gesog hierdie vryheid moes wees. Soos 820,000 ander Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon, het ek lankal vrede gemaak met die geleenthede wat ek verpas omdat ek myself elders gevestig het: my broerskind se geboorte; my ma se 60ste verjaardag, haar tweede jaar in remissie; die gebruiklike Sondagmiddagete; ‘n dierbare vriend se troue; Kersfeesvierings; blommetyd in Namakwaland.

Die afsterwe van my oupa was een van daardie geleenthede waar ek nie sou skroom om die duur reis terug na my geboorteland te onderneem nie. Ek sou inderhaas pak, my bestuurder in kennis stel dat ek op verlof gaan, en lughawe toe pendel.

By Kaapstad aangekom sal ek in ‘n huurkar klim en een van die mooiste paaie in ons land aandurf. Soos ek die fynbos langs die pad bewonder, sal ek dink hoe my oupa die spesies kon uitken. Duskant Mosselbaai sal ek begin uitkyk vir die huis met die groen dak – ‘n spioenspeletjie wat ek sedert kleintyd ken.

Ek sal op die straat parkeer, die inrit reeds beset deur nommerplate uit Natal, Boesmanland en die Hoёveld. My pa sal uitbundig lag soos hy my voosgesitte lyf teen syne vasdruk.‘n Slawebegrafnis om middernag in Suid-Carolina in die suide van Amerka in die negentiende eeu.
FOTO: Slavery Images: A Visual Record of the African Slave Trade and Slave Life in the Early African Diaspora

Rituele

In die dae wat volg, sal vriende en familie na die kusdorpie stroom. Bejaarde bure sal aanklop om te groet, beskuit aandra en kuier totdat ons stemme hees word. Ek sal op my broer afkom waar hy snikkend tussen my oupa se houtwerkgereedskap staan, en ek sal poog om hom met ‘n onbeholpe klop op die skouer te troos.

Ek sal my ouma gewaar waar sy my oupa se fluweelpak uit die hangkas haal. So asof hy nog in die pak staan, sal sy die moue twee flinke klappe gee om onsigbare stof weg te vee. “Hulle moet hierdie vir Oupa aantrek,” sal sy met ‘n moedige blik sê. Hierdie bevel sal ek by die begrafnisonderneming aan die ontvangsdame met die ingeoefende deernisvolle oë oordra.

Die volgende oggend sal die kerk vol wees. Ons sal oudergewoonte laat opdaag en ek sal myself tussen VLV-tannies bevind wanneer die koor met “Nader, my God, by U” lostrek. Die dominee sal Psalm 23 lees en sê hoe ek my op ‘n weersien kan verheug. Woede sal vlugtig in my opvlam: My oupa is dan dood, en ek gaan hom nooit weer sien nie. My hand sal soek na my man s’n, sy afwesigheid weens die onbekostigbare vliegtuigkaartjie skielik pynlik.  ‘n Kleuter sal kraai en diegene wat wou huil, sal uitbars van die lag.

Ná afloop van ‘n sombere gebed sal ons by die begraafplaas vergader. Die kis sal statig deur my oupa se nasate en vriende gedra word. Die gedenkdiensblaadjie sal in my sweterige hand begin kreukel. Wanneer die begrafnisondernemer aandui dat ons ‘n hand vol gruis oor die kis moet strooi, sal die harde klang van klip teen hout my effens laat skrik. Die metafoor sal my skielik oorweldig en ‘n vaakheid, aangehelp deur dors en skerp sonlig, sal my oorval.

In ‘n samehorige waas sal ons in die kerksaal saamdrom. Trooskos sal bedien word om almal op te kikker: brandewyntertjies, frikkadelle, skons, tee en port. In hierdie enge kringetjie van familie, vriende en gemeentelede sal ‘n vrede oor my daal. Hierdie oomblik waar ons onsself toelaat om kamma-weerloos te wees, sal my geborge laat voel. Selfs al draai die wêreld teen ’n hengse spoed, kan ek daarin berus dat hierdie onbaatsugtige ritueeltjie belangrik sal bly. Daar is tog nog plekke en oomblikke waar ek tuis voel.

Onsigbare, werklike konneksie

Maar grendeltyd het ons van ‘n huiswaarts beroof. My ouma se boodskap flits oor ‘n koue selfoonskerm: “Ek kon nie eens my maat groet nie … ek kon net vir oulaas by die hospitaal se ingang my elmboog teen syne druk. Hy het in sy laaste oomblikke na my geroep. Ek kon nie daar wees nie.”

Die konneksie wat Afro-Amerikaanse slawe met hul tuiste gehad het, was onsigbaar, tog werklik. Ek is bevoorreg dat die internet vandag vir my ‘n onsigbare, tog tasbare konneksie met my tuiste bied. Ek kan kontak maak, ten spyte van onoorkombare grense. Ek het geweet ‘n “zoom-begrafnis” sou die afsluiting waarna ek gesmag het, net besoedel.

Nietemin skep digitale media ‘n legio moontlikhede om met mekaar te kommunikeer. Ek het huldeblyke via WhatsApp-stemboodskappe versamel en die klankopnames in ‘n afgeronde diens verwerk. Op hierdie besonderse wyse vergader ons almal – elk in sy/haar afsonderlike sitkamer – deur na die oudiodiens te luister. Aussies, Britte, Duitsers, Kapenaars, Transvalers en Boesmanlanders voel vir een besonderse uur mekaar se nabyheid aan.

’n Virtuele gedenkdiens is nie ‘n plaasvervanger vir die fisieke nabyheid van ons geliefdes nie. Met die oudiodiens kon ons egter in ‘n spreekwoordelike kring sit en elke deelnemer kon met waardigheid kommunikeer: dié wat mompel, dié wie se hande van Parkinson se siekte bewe, dié wat halfpad deur hul huldeblyk begin huil, dié wat uitbundig kon lag oor ‘n vrolike herinnering. Die formaat is besonders omdat mense se voorkoms nie hul boodskap oorskadu nie. Ek was gevolglik meer ontvanklik vir dít wat mense gedeel het.

Vandag vier swart Amerikaners hul feestelike begrafnisdienste as ‘n erfenis wat eie aan hul kultuur is – ‘n simboliese weerstand teen ‘n onderdrukkende wit kultuur. My oupa se gedenkdiens is ‘n simbool van rou in grendeltyd. ’n Jaar later is dit vir my ’n simbool van rou in ‘n geglobaliseerde wêreld. Ek is nie alleen op hierdie reis nie. Dit het my roeping geword om ander op hierdie reis te vergesel, waar ek vir families gedenkdiensbegeleiding via herklink.co.za aanbied. Wanneer my kliënt via die webwerf inskakel, kan ek op my analisebord sien hoe geliefdes van heinde en verre die virtuele diens bywoon. Dit vorm ‘n beeld van rou in ‘n era van diaspora, maar dis ook ’n padkaart na geborgenheid. Dit skilder ‘n hemel in Afrika.

Hierdie artikel het eers in Vrye Weekblad op 7 September 2021 verskyn.

Gewildste

Gedenkdienste vir Grendeltyd

Ek en my man leef al ses jaar in die buiteland. Soos met 820 000 ander emigrasiegesinne, is ons geliefdes reg oor die wêreld versprei. Met behulp van hedendaagse tegnologie het ons die kuns van kommunikasie oor kontinentale afstand vervolmaak. 

Met ‘n video-oproep vra ek my ouma om hulp: “Vleg ek die koeksister só?” My swaer wat ná die afloop van sy nagskof bel soos ons vir aandete aansit; die soet klank van my peetkind se eerste lag wat oor my oorfone speel soos ek per trein pendel; my oupa se stem oor ‘n blikkerige telefoonlyn toe ek hom ‘n geseënde Nuwejaar toewens: “ Ek gaan nie hierdie jaar maak nie, maar mag jy ‘n mooi jaar hê.”

Om huis toe te verlang, is deel van ‘n Suid-Afrikaanse emigrant se bestaan. Ons staal ons teen die pyn van verlange deur ‘n rits redes op te roep: stabiliteit, onafhanklikheid, onderhoud…  Met jou slimfoon is dit boonop so gerieflik om kontak te behou. 

Nietemin sit ons altyd ‘n geldjie vir ‘n vliegkaartjie weg, want soms raak die verlange onuithoudbaar.

Ek het hierdie jaar ‘n vliegtuigkaartjie nodig gehad. Ek sou baie graag my ma by my wou hê toe ek ná my breinoperasie uit narkose kom. Ek sou baie graag my oupa wou groet wat in daardie selfde week oorlede is.

My ouma se boodskap verskyn op ‘n koue selfoonskerm: “Ek kon nie eens my maat groet nie… ek kon net vir oulaas by die hospitaal se ingang my elmboog teen syne druk. Hy het in sy laaste oomblikke na my geroep. Ek kon nie daar wees nie.” Grendeltyd het ons van bystand en afskeid beroof.

Digitale media skep ‘n legio moontlikhede om met mekaar te kommunikeer. Ek hethuldeblyke via WhatsApp-stemboodskappe versamel en die klankopnames in ‘n afgerondegedenkdiens verwerk. Op hierdie besonderse wyse vergader ons almal – elk in sy/haar afsonderlike sitkamer – deur na die oudiodiens te luister. Aussies, Britte, Duitsers, Kapenaars, Transvalers en Boesmanlanders voel vir een besonderse uur mekaar se nabyheid aan.

‘n Virtuele gedenkdiens is nie ‘n plaasvervanger vir die fisiese nabyheid van ons geliefdes nie. Met die oudiodiens kon ons egter in ‘n spreekwoordelike kring sit en elke deelnemer kon met waardigheid kommunikeer: dié wat mompel, dié wie se hande van Parkinson se siekte bewe, dié wat halfpad deur hul huldeblyk begin huil, dié wat uitbundig kon lag oor ‘n vrolike herinnering. 

Hierdie oudiogedenkdiens kon vir ons as familie troos bied, sodaning dat dit my roeping geword het om my vaardighede in ‘n bediening te omskep. Ek is dankbaar dat ek ander families op hierdie wyse met my diens, Herklink, kan bystaan. 

Só skryf Helena van Schalkwyk: “Wat ‘n unieke en deernisvolle gedenkdiens wat Herklink met die heengaan van my moeder saamgestel het, in ‘n tyd waar ons, as gevolg van die Corona-pandemie, nie bymekaar kon wees nie. Ek het veral daarvan gehou dat die oudiodiens nie visueel was nie. Dit laat ‘n mens stil word om met aandag na die boodskap en die onthou-klankgrepe te luister. Hierdie oudiodiens is ‘n kosbare skat wat ‘n mens vir ewig kan bewaar om na te luister, en ‘n nagedagtenis om ons geliefdes te onthou.”

Ek het vir ‘n Suid-Afrikaanse familie, wat weens grendeltyd nie die VSA kon verlaat nie, ‘n gedenkdiens saamgestel. Vanaf my rekenaarskerm kon ek sien hoe almal inskakel om na die gedenkdiens te luister: geliefdes uit Washington, Ierland, Dubai, Wellington, Hong Kong, Dubai, Kaapstad. Dís rou in die Tyd van Covid-19. Dit is ‘n globale gebed. Dit is nabyheid in grendeltyd.

Diaspora vir Aandete



Hierdie artikel verskyn oorspronklik op Vrye Weekblad

Die tafel is onprakties. Die onkonvensionele ovaalvorm skep die illusie dat vier, of selfs ses, gaste ruim kan aansit. Sit jy egter aan die kop van die tafel, is jou wynglas gevaarlik naby aan jou gespreksgenoot se vurkhand op die lang sy. Probeer jy die tafel rek vir vyf, vra jou knieë gedurig of jy links, regs, of wydsbeen verby die swaar boekenhoutpote moet skuif. Die blad is ongelyk. Sonder ‘n tafeldoek wieg en wikkel die borde op die laste soos jy eet. Hier’s  ‘n keep, dáár ‘n duik, en in die middel loop daar ‘n dun wriemelende spoortjie van ‘n Laeveldse kewertjie wat ‘n eeu gelede in die boom nes gemaak het. Die tafel is oud.

Byna ‘n halfeeu gelede begin hierdie tafel sy reis om by my huis in Berlyn, Duitsland, aan te sluit. Die tafel was aan my skoonma deur haar skoonpa geskenk, wat dit in 1975 op ‘n mark in Pretoria gekoop en restoureer het. Vandaar is dit na hul eerste woonstel in Claremont, en  word later deel van die pakkaas wat in die vroeë 2000’s na Australië verhuis. Hier word die tafel aan my geskenk toe ek ook deel van die toenemende diaspora word. Ek was dankbaar vir elke meubelstuk wat nie uit ‘n Sweedse fabriek kom nie, en my skoonsibbe was heimlik dankbaar dat ek hulle van dié onpraktiese erfstuk kon verlos.

Toe die trekmaatskappy vra of die tafel ook moet saam, toe wonder ek hoekom die vraag vir my so dom voorkom. Natuurlik kom die tafel saam! Hierdie is nie net ‘n tafel nie. Met hout ontgin uit die buik van Afrika, gesmee met vakmanskap van voorsate wat hul kennis oor koue oseane saamgedra en oorgedra het, verteenwoordig hierdie tafel my erfenis. Om meubels te restoureer verg geduld, en al is die politiese oortuigings van my man se oupa onbekend, vind ek troos en  geborgenheid in die geimpliseerde waardes wat die tafel inhou.

Ek is bevoorreg om met hierdie tafel belas te wees en dit so saam met my te trek. Vir baie Suid-Afrikaanse emigrasiegesinne wat besluit om die land te verraai (sic), is dit nie moontlik om erfstukke saam te piekel nie. Baie van ons verkwansel alles wat ons kan, en begin met die bagasie wat in die vliegtuig se kajuit kon pas. Dit klink so belaglik, so kleinserig dat ons durf kla: ons het dan meer as genoeg, dit terwyl die oorgrote meerderheid van ons landsburgers met baie minder moet klaarkom. As jy hieroor kerm, is jy in elk geval nie dikvellig genoeg om die land se probleme aan te durf nie, so voertsek eerder!

Wat ook al die redes vir emigrasie is, bly dit ‘n moeilike besluit om huis en haard te skuif. Hierdie groep wat na hulself as “ekspats”, kort vir die Engelse “expatriate”, verwys, vorm deel van ‘n toenemende diaspora. Die WGO se 2020 Globale Migrasie-verslag bevind dat 272 miljoen mense tans buite hul geboorteland se grense woon en werk. In ‘n wêreldbevolking van 7.7 miljard, is een uit elke dertig mense dus “nie van hier rond nie”. 

Die verslag bied nie ‘n uitgebreide definisie vir hierdie spesifieke groep migrante nie, maar hulle word wel onder die afdeling “Ekonomiese Bydraes van Migrasiewerkers” uitgelig. Toe ‘n medepassasier op ‘n moltrein ‘n Afrikaanse gesprek tussen my en my man in die rede val, steek daar dus waarheid in díé vraag: “Nou, wie van julle twee is die CA?” 

Die redes hoekom ekspats kies om te emigreer is legio, maar juis daarin lê die sleutel: hulle het ‘n keuse. Asielsoekers, daarenteen, word immigrante. 

“Dit voel asof ek nie ‘n keuse het nie! Nou moet ek aan die gatkant van die wêreld bly omdat my man se werk dit vereis!” kla ek ‘n dekade gelede oor ‘n blikkerige langafstandoproep. My pa se klinkklaar antwoord boul my uit: “Jy’t gekies om met hom te trou.” Met ‘n skeut selfspot moes ek my bevoorregte posisie erken: “O, die treurmare van die ingevoerde bruid.”

Ingevoerde bruid of te not, om in ‘n nuwe land in te skakel is nie maklik nie. Soos ‘n verwronge Alkoholiste Anoniem vergadering sluit elke kennismaking ‘n verklaring vir jou herkoms in: “Ek is oorspronklik van Augrabies – dis net so ‘n duisend kilometer van Kaapstad.” Dáár kry my aksent, my onomwonde erfenis, ‘n plek op die atlas. Hoeveel ek oor my identiteit verklap, bly egter my keuse. Sommige mense verkies om selfs hul taal met die trek te laat vaar. Só het ek al met my eie oë gewaar hoe twee oudgetroudes by ‘n familiebyeenkoms in die Vrystaat ná twee jaar in Australië vir mekaar vra: “Kên joe plies paas de salt?”

Die vryheid van ‘n gestroopte identiteit kan verslawend wees, maar dit maak nie van jou ‘n tabula rasa nie. Arme Ferreira, wie se trek in ons volksmond verewig is, dra immer nog al swaar aan die een kant. Dit blyk universeel te wees: navorsers by Monash Universiteit in Melbourne vergelyk sedert 1991 emigrasie met ‘n rouproses . Hierdie proses is as “cultural bereavement”, oftewel, kulturele bedroef beskryf. 

Kulturele bedroef word deur ‘n ontwortelde persoon of groep ervaar ná die verlies aan sosiale strukture, kulturele waardes en gedeelde identiteit. Die persoon leef in die verlede, word deur bonatuurlike gestaltes in hul slaap besoek, dra skuldgevoelens rondom hul vertrek uit hul geboorteland, en ervaar pyn wanneer herinneringe vervaag. Traumatiese beelde uit die verlede kan egter by dié groep bly spook, en word dikwels herroep om die pyn van aanpassing in ‘n vreemde kultuur te regverdig. 

Lê kortliks besoek by een van die verskeidenheid sosiale media groepe vir Suid-Afrikaanse ekspats af – die grootste hiervan, “Aussiekaners” met 61,300 lede, en hierdie tema’s kom sterk na vore. Elke melktertresep bevat die bestanddele van geborgenheid, elke tjoppie op ‘n gasbraai vuur nostalgie aan. Wanneer iemand bieg dat die heimwee hulle wakker hou, is daar ‘n peloton kommentators wat gretig die “skrif aan die muur” uitlig: plaasmoorde, die val van die Rand, en ‘n gunsteling, KORRUPSIE!!!!

Die gemis sal egter bly, en is uniek tot elke persoon. Soos ‘n lid van die niche “Suid-Afrikaanse Christen Dames Oorsee” Facebook-groep haar lot bekla: “Ek het nog nie ‘n enkele wedergeborene ontmoet hier waar ek bly nie.” 

As dit ‘n keuse was om te gaan, behoort dit ‘n keuse te kan wees om terug te keer. Soms is die eerstewêreldse leefstyl nie die kulturele bedroef werd nie. Dalk is dít wat ‘n ekspat behoort te definieer: die hunkering, maar ook die vermoë om te kan terugkeer wanneer jou gees aan die een kant te swaar dra. 

Kenners aan die Universiteit van Luxembourg se Sentrum vir Kontemporêre en Digitale Geskiedenis het in 2019 jong Tsjeggiese Jode gevra hoe hulle oor die artefakte van hul voorsate wat die Holocaust oorleef het, voel. Die voorwerpe, onder andere briefies, foto’s, medaljes, is van een generasie na die volgende oorgedra. Herinneringe wat aan die polfyntjies gekoppel is, het vervaag, en sommige items het selfs die oorspronklike betekenis verloor. Huishoudelike items soos opskeplepels, eerder as religieuse voorwerpe soos gebedsboekies, dra vir die jonger generasie meer sentiment. Dit verteenwoordig ‘n gemeenskaplike herinnering van ‘n tyd van saamwees, samesyn, geborgenheid, noue familiebande, ‘n opgewondenheid oor die toekoms, eerder as ‘n ernstige herdenking van die slagting. 

Die tafel is aan my oorgedra deur ‘n sameloop van veel minder traumatiese gebeurtenisse, maar dalk is ek nie alleen in my versugting om die tafel so saam te sleep nie. Dalk is ek ook kultureel bedroef en het die tafel vir my ‘n bonatuurlike gestalte begin aanneem. Ek weet nou wat die tafel weet: dat haar enigste ware tuiste daar is waar haar mense is, maar dat sy moet onthou waar sy vandaan kom om opgewonde oor die toekoms te kan wees. Dit is asof die tafel hierdie jaar vir my sê: vat jou goed en trek. Huis toe.

Sit dit af, sit dit af. Dis kaf.

Anelia Heese van Herklink help families om waardige virtuele begrafnisdienste tydens grendeltyd te reël. Sy sal egter doen wat sy kan sodat ons mekaar weer kan omarm wanneer ons rou. Hier spreek sy anti vaxxers aan oor hul roekeloosheid.

FOPNUUS.

Dit klink so lighartig, soos ‘n 1 April-grappie. ‘n Brokkie wat jou die poets bak, goedhartig, met ‘n skeut selfspot. Om te fop is om te fnuik, ‘n onskadelike namaaksel.

‘n Fopspeen is uiteraard ‘n nuttige vervalsing, ‘n kitsoplossing wat ‘n baba fnuik dat die wêreld nie in duie stort nie. Allermins, nie in daardie stadium wanneer jou arms vasgebind is deur ‘n string inkopiesakke nie, of deur moegheid verlam is nie.

Vir ‘n jong ouer is ‘n grootouer wat ‘n ontembare kleuter tot kalmte kan bring ‘n reddingsboei.

Maar die pandemie het dié van ons wat so saam met die Nuwe Suid-Afrika ons melktande verloor het, in drie groepe laat spartel. Die eerste groep is dié wie se ouers die afgelope jaar oorlede is. Baie van hulle moes asemloos en alleen die wêreld groet, en ons is van afskeid beroof.

Dan is daar die tweede groep, dié wie se ouers die pandemie tot dusver oorleef het. Hulle is – op ‘n afstand – nog met ons, danksy die noodlot of genade van Bo. Hoe dit ookal sy, baie van ons word dit ontneem om by hulle te wees. Hul bydrae as ouer en grootouer is tot ‘n langafstandoproep beperk.

Die res van ons word deur fopnuus uitmekaar gedryf en wees gelaat. Baie Afrikaanssprekendes bo die ouderdom van 60 is steeds onwillig om die Covid-19-inenting te kry. Vir ons as jul kinders is dit ‘n doodsvonnis waarteen ons met dieselfde ywer as JZ se regspan appèl sal aanteken. Hier sal ons soos beterwetende tieners stry en reguit skree: Jul vrees is ongegrond, onwetenskaplik, onverskillig.

WhatsApp- en Facebook-boodskappe wat angs aanvuur oor stekelproteïen. ‘n Veearts wat beweer dat maskers die Covid-19-virus kweek, dat dit bloot die gewone griep is, dat dit alles ‘n sameswering deur die regering is om die privaat sfeer te skaad, ‘n skreeudiker wat dit as die merk van die dier bestempel. Fopnuus sou seker snaaks wees as dit nie lewensgevaarlik was nie.

Hierdie “berigte”, “lesings” en “studies” is nie bloot fopnuus nie. Ek sou dit eerder as waninligting bestempel. Die voorvoegsel, “wan”, só vertel my oud-Afrikaansonderwyseres my, beteken “sleg”. Haar Namakwalandse aksent benadruk dit met gravitas: “slêggg.” Wanhoop is slegte hoop,  misdaad ‘n reeks wandade.

Om waningelig te wees is om soos ‘n besetene in die duister te strompel en vir almal bo die oppervlak te sê húlle is blind.

Woorde dra gewig. Ons praat van ‘n hartoorplanting, nie ‘n hartvervanging nie. ‘n Kunsmatige staalpen word vir ‘n heupvervanging gebruik, maar ‘n hartoorplanting vereis ‘n onbaatsugtige, biologiese skenker.

Die Covid-19-inenting is nie ‘n rekenaar of boosaardige bonatuurlike wese wat in jou liggaam gespuit word nie. Ek hoor deesdae mense praat oor die radio van “vaksiene” terwyl ons, vir ‘n jong taal, reeds oor die woord “inenting” beskik.

Die etimologie van die woord kom uit die natuur. Om iets te ent, is om ‘n sterker onderstok te gebruik wat die gewas weerstandiger teen siektes maak. In die medisyne is ‘n inenting ‘n “lewende, natuurlike element” wat jou liggaamselle leer om sterker te word.

Om ingeënt te word is egter al so verpolitiseer dat dit as ‘n “persoonlike keuse” uitgemaak word. Dit is onwaar, want deur jouself vatbaar vir Covid-19 te maak, kan jy nog steeds die virus aan ander oordra wat daaraan gáán sterf. Soos ‘n dronkaard wat beweer: “Dit is my persjoonlike keusje om nou agter die sjtuur in te sjkuif.”

Kenners sê – in akademiese, gereguleerde publikasies – dat mense wat misken of onderdruk voel meer vatbaar vir waninligting is. Dis te verstane dat hulle so vatbaar vir waninligting is soos wat hulle vir die virus is. Die wêreld waarin hulle hul melktande verloor het, het buitendien hul oudag baie anders voorspel: ‘n minderheidsregering wat hul belange tot die dood sou beskerm.

Die vorige keer toe die Suid-Afrikaanse regering ‘n noodtoestand afgekondig het, het die land asem opgehou. Dit kon veel erger uitgedraai het, maar dit het nie, juis omdat julle daarin geslaag het om kalm te bly. Die land snak nou weer na asem. As ons weier dat waninligting ons tot waansinnige vrees dryf, hoef hierdie noodtoestand nie vir ewig aan te hou nie.

Ek het my Afrikaansonderwyseres gevra wanneer sy beplan om af te tree. “Ek wil darem nog een jaar aanbly om vir oulaas die kinders te sien rondhardloop.” Ek is bly sy het nog ‘n bydrae om te lewer. Ek hoop sy het haar laat inent.

Want hoe vinniger julle ingeënt word, hoe vinniger kan ons almal weer onverskrokke ‘n teug vars lug inneem. Sodat ons “Nkosi sikelel’ iAfrika” kan sing. Kan jubel tot die kranse antwoord gee. That we can sound the call to come together. Vir jou, Suid-Afrika.

[Skrywe oorspronklik in Vrye Weekblad, 6 Augustus 2021]

A Spoonful Belonging

Ouma Rusks. NikNaks. ProNutro. A dented can of CremeSoda past the expiry date. Vacuum packed biltong from some or other tragic bovine. When homesickness strikes, you can wander through a bountiful land and still be in search of food.

It baffles the mind why one would yearn for mass produced biscuits when you have Italian biscotti on your doorstep. Why choose to be assaulted by the artificial concoction of a strawberry flavoured Fizzer when you can buy a fresh, organic strawberry from a picturesque medieval food market? What is so magical about Mrs Balls Chutney flavoured Simba chips, when you can order a Peshwari naan with any intriguing filling you could wish for? Wouldn’t you rather trade the calories of a gelate lump of Peppermint Crisp tart for a smooth, delicate texture of a German cheese cake?

When we succumb to nostalgia, the food from our childhood becomes a safe haven, an embassy in a recipe. The logo of a Lucky Star Pilchards can is a vintage token of our heritage. The wrapping of a Wilson’s toffee is a postage stamp on a love letter for our country. We trace our fingerprints on our identity documents with rooibos tea.

Food is memory and belonging. When we cook heritage food, it’s a way of saying: We were here, we shared food and we were loved.

Bobotie is for the openhearted. A braai is for the pioneers. Rusks refuse to be intimidated by the state of the atmosphere and will be your trustworthy companion on a bullet train or “ossewa”.

Europe is showing some promising signs of summer. Any day now, it will be worth the walk down a cobbled street to buy a refreshing strawberry gelato. Yet, I will yearn for a homemade frozen lolly made from Oros guava flavoured juice concentrate. As I labouriously suck on the frozen sugary block through a hole I chewed through the plastic bag, my mind will wander back to a day in 1996 where I ran barefoot on a gravel road for my first schools athletics.

Maize pap is a stopgap for hungry teenagers returning from surfing at Cape Point. It’s a moment of bliss in the Valley of a Thousand Hills when an ugogo sold me a freshly picked mielie and took both my hands in hers as she passed it to me.

Pannekoek is a delightful midweek supper after a Lowveld thunderstorm. It’s community at the church basaar where the batter is whisked with a (clean) garden spade in a (cleaned) steel drum. When I smell cinnamon, I can hear the joyful cries of hadedas and of children running on a rugby field.

When my clients and their families submit eulogies for a {Herklink} audio memorial, they recount beautiful memories of their loved ones. They reminiscence about their loved one’s hobbies, their family relationships, their wisdom. Many of these memories are intertwined with food. 

There’s the story of the lady who loved to have friends over for coffee, so much so that she drank eight cups of coffee a day. A memory is recalled of the Spoornet engineer who set the table with a tablecloth and silverware each day to enjoy the lunch his wife packed for him. Cousins remember their favourite uncle teaching them how to play cricket and how the man of the match was rewarded with an extra topping of kaiings on freshly baked bread. There’s the famous milk tart baked by the matriarch every Sunday for tea, and when someone else attempted the recipe the “damn thing didn’t even rise an inch”.

Sometimes we need to be confronted with death to realise how important our daily bread is. Death reminds us how important the people are with whom we break bread with. The IPC’s 2021 Report states that over 13 million South Africans suffer from food insecurity due to the pandemic’s impact on food prices and unemployment. Our fellow citizens deserve better: better food, better lives. And better eulogies.

Reclaiming Grief Through Storytelling

“I couldn’t even say goodbye to my husband of six decades. I could only press my elbow against his at the hospital entrance. That was it.”

I stared at my grandmother’s text displayed on my unsympathetic smartphone. Under normal circumstances, I would’ve gotten on a plane and make the 15 000 mile journey home. Home, where I can hug my family, eat traditional South African comfort food, go for a walk along the beach to clear my head.

Instead, travel restrictions due to the pandemic made it impossible. Under normal circumstances, I can manage my homesickness. This time, I knew that a text or a call wouldn’t be enough to process the passing of our patriarch.

With his descendants and loved ones scattered between Australia, Germany, the UK, and various parts of South Africa, I knew that a live-streamed funeral via an unstable internet connection would only serve as a painful reminder that we couldn’t come together to mourn the passing of our patriarch. 

I decided to compile an audio memorial service by collecting eulogies, in the form of WhatsApp voice notes, from friends and family. Using these eulogies, along with carefully curated background music and sound effects, I crafted a memorial service that we could all listen to simultaneously. From the intimacy of our living rooms, speckled across the globe, we said goodbye. Together. Yet apart.

My grandfather’s audio memorial helped me and my family to reclaim our grief. The eulogies weren’t praises typically shared at a funeral. They were stories of seemingly insignificant acts of kindness: his appreciation for nature, playing chess for hours on end, citing quotes from a John Le Carre novel, complimenting my grandmother on her cooking.

The audio format of a private podcast is a protective shield against judgment, nerves and fear, creating an environment where each person can grieve authentically: those who wail, those who stutter, those who chuckle at a funny story. 

Sitting in front of a hifi speaker isn’t a substitute for a physical funeral, but it provided us with a way to honour his memory. It was accessible, authentic and safe.

I shared my ideas with others and Herklink — a portmanteau of “herinner” (remember) and “klank” (sound) in my native Afrikaans language — was born. I help families craft their own audio memorials – a dignified end of life celebration that trumps the restrictions of a global pandemic.

My clients tell me that for them the audio memorial was the most multifaceted, intentional way to grieve. It’s a tacit reminder that although our loved ones are no longer with us, that they live on within us.

Stories are how we make sense of our lives – especially when grief makes everything seem senseless. Listening to a story of a loved one requires intentional “re-membering”: crafting a living imprint of the person who has passed away. Their stories matter, because they matter. Your story matters too. All you need to do is close your eyes and listen.

In dialogue with death

Much has been said how digital communication changed the way we communicate in the 21st century. We’re able to talk to our loved ones by the click of a button. We share countless photos and videos depicting our fast pacing lives.

We’ve become comfortable to share some of our life’s most significant moments on social media, often with an audience we don’t personally know. We merrily include the more insignificant moments: a photo of a plate of food, a sunrise, a spontaneous selfie.

In an era where loneliness is considered a pandemic, it can make us feel closer.

However, when someone dies, we need to ensure that we don’t fall trap to a false sense of closeness. We need real moments that remind us of our shared mortality. This doesn’t always call for the publicised approach. Honour the pause that death invites. Listen to what death has to say without interruption or response. The pause allows a moment for life to respond.

When we craft an audio memorial, we go back to a time before social media, maybe even before the time of radio. We go back to a time where the only stories we knew were the stories told by the voices we know.

When we listen to stories of a loved one who passed away, it’s a tacit reminder that although our loved ones are no longer with us, that their stories live on within us. Listening to a story of a loved one requires intentional “re-membering”: crafting a living imprint of the person who has passed away.

Stories are how we make sense of our lives – especially when grief makes everything seem senseless. Their stories matter, because they matter. Your story matters too. All you need to do is close your eyes and listen.

Organising a virtual funeral

How to hold a dignified, accessible memorial in a

time of social distancing

The time before and after death is a time for communication. It’s not a time to rush.

I’ll walk you through some practical solutions on how to plan a virtual ceremony:

  • Who should be the relevant participants?
  • What are the limitations in internet connectivity?
  • Which digital platforms should I consider?
  • How can I get my family to contribute in a meaningful way?
  • What are the options for a lasting keepsake?

Join me for a free webinar on Tuesday, 19 April at 11:00 (CEST)

‘n Mondvol herinneringe

Ouma Beskuit. Nik Naks. ProNutro. ‘n Blikkie Creme Soda verby die vervaldatum. Vakuumverpakte biltong van wie-weet-watter-bees. Vra enige Suid-Afrikaner wat in die buiteland woon: ons gee toe dat ons by tye hierdie items ten duurste aanskaf.

Maar wie wil nou massavervaardigde Ouma Beskuit koop as jy vars Italiaanse biscotti kan eet? Hoekom is jy in vervoering oor die sintetiese aarbeigeur van ‘n Fizzer, wanneer jy ‘n stroopsoet aarbei op ‘n eeueoue Europese mark kan koop? Wat skuil agter die magie van Simba blatjanggeur-aartappelskyfies wanneer jy ‘n varsgebraaide shawarma kebab met warm, komplekse geur kan geniet? Verruil jy nie liefs die kalorieë van ‘n glibberige, drillerige blob Peppermint Crisp-tert vir die sagte, ryk genot van ‘n Duitse käsekuchen nie?

Wanneer die nostalgie ons tref, dan raak die kositems uit ons kinderdae eweknie met die veiligheid van ‘n Suid-Afrikaanse ambassade. Die etiket van ‘n blikkie Lucky Star Pilchards raak die amptelike permit van geborgenheid. Die foelie van ‘n Wilson-toffie word ‘n seël op ‘n lugposbrief vir ons mense. 

En ja, as die somer weer in Europa arriveer, sal ek dalk ten duurste Oros koejawelsapkonsentraat koop. Ek sal ‘n koppie daarvan in ‘n plastieksakkie gooi, dit toeknoop en in die vrieskas sit. Dit sal my terugneem na ‘n dag in Januarie 1996 waar ek kaalvoet op ‘n siedende grondpad skole-atletiek gedoen het en ‘n tannie uit haar plakkershuis vir my ‘n laafnis teen 50c verkoop het. 

Wanneer die verlange onuithoudbaar raak, dan soek ons trooskos. Huiskos wat ons herinner dat daar ‘n land aan die suiderpunt van Afrika is wat ons gemaak het wie ons vandag is. 

Bobotie is vir die openhartiges, braaivleis vir die pioniers. Beskuit word nie deur die atmosferiese gesteldheid geintimideer nie en sal jou getrou op ‘n ossewa of sneltrein vergesel.

Mieliepap is ‘n oplossing vir rasende tieners wat vroegoggend van Vleesbaai se strand terugkeer. Dis ‘n oomblik van rus onder die wingerdkappe saam met Gladys, waar sy haar maal in ‘n verbleikte roomysbak vir “mirrag” met my deel.

Pannekoek is ‘n aangename verrassing op ‘n skoolaand ná ‘n donderbui. Dis ‘n fondsinsameling wanneer die beslag in ‘n 50-liter-oliedrom met ‘n tuinvurk geklits word. 

Wanneer ‘n familielid ‘n huldeblyk opneem en vir Herklink stuur om dit in ‘n virtuele begrafnisdiens te verwerk, word daar die mooiste dinge oor hul geliefde gesê. Daar word hulde gebring aan hul pligsgetrouheid, familieverhoudings en stokperdjies. Die hulde is dikwels verweef in ‘n herinnering aan kos.

Daar is die storie van die oom wat vir sy Namakwalandse familie gaan kuier en tot skemeraand met die kinders krieket speel. Die wedstryd word met ‘n maal van boerbrood, kaiings en korrelkonfyt afgesluit. Daar is die tannie wat ander graag by haar huis ontvang en altyd met koffie regstaan – sodanig dat sy sélf agt koppies koffie per dag gedrink het. 

Daar is die oom wat by die spoorweë gewerk het en elke middag proppers in die kantoor tafel gedek het om die kos wat sy vrou vir hom ingepak het, te nuttig. Daar is die matriarg wat plegtig elke Sondag ‘n manjefieke melktert gebak het, en toe ‘n vriendin die befaamde familieresep volg, toe “bak die ding nie eens ‘n halfduim hoog nie”. 

Soms moet ons met die dood gekonfronteer word om te besef hoe belangrik ons daaglike brood is, en hoe heg ons aan die mense is met wie ons brood breek. Voedsel is fisiese sekuriteit, en kos is geestelike geborgenheid. Die Infeksievoorkoming- en Beheerraad se Februarie 2021 verslag dui dat byna 12 miljoen Suid-Afrikaners weens die pandemie se impak op voedselpryse en werkloosheid aan honger ly. Ons medeburgers verdien beter: beter kos, ‘n beter lewe. ‘n Beter huldeblyk.

‘n Skrikkeljaar vol vrees

17 Maart 2021: een volle jaar van krisisbestuur om die pandemie te steier, en hier sit ons nou. Hier, waar ons bevoorreg is om ‘n dak bo ons koppe te hê, selfs al is ons elke dag onder dieselfde, enkele dak omdat ons moes tuis bly. Ons moes tuis bly, maar vir dié van ons wat in die buiteland leef, was ons bloot by die huis.

Die afgelope jaar het baie van ons laat skrik. Miskien het jy skrik gekry vir die verlange wat in jou kom sit het toe ons forseer word om te bly sit. Dalk het jy in een stadium geglo dat Suid-Afrika nie meer vir jou plek het nie, maar die pandemie het jou laat besef dat dit jou enigste tuiste is.

Toe ons moes sit en tone tel, het dit onomwonde ‘n geleentheid vir bestekopname geword. Die wolkekrabbers of die bloekoms oor die horison tel nie wanneer ons van ‘n tuiskoms beroof word nie. Ons sit met ‘n knaende verlange wat slegs deur die oop horisonne onder die Afrikason geklop kan word.

Dalk is dit in ons Afrikaners se bloed: hierdie versugting na ‘n oop, ongeskonde horison wanneer angs in ons kom sit. Vir ons Afrikaner voorvaders was daar ‘n koste aan hierdie ongeskonde horisonne verbonde. Die balansstaat toon ‘n rekord van opoffering en uitbuiting.

Kennisnemendes het pandemies voorspel. Ons is gewaarsku dat die uitbuiting van die natuur en die ongelykheid tussen dié wat eet en dié wat honger ly, tot ‘n verlies gaan lei. Wanneer ons die weerloses nie beskerm nie, bied die mure wat ons om ons bou geen beskerming nie. 

Ons skend die omgewing, tog herroep ons ‘n beeld uit die natuur wat die einde van hierdie pandemie beskryf. Die Engelse term, “herd immunity” verwys na die beskutting wat geskep word wanneer genoeg mense, nadat hulle in aanraking met ‘n aansteeklike virus gekom het, weer aansterk. Hierdie samehorige eenheid van immuniteit skep dan verdere beskerming vir die weerloses wat aan die virus sál omkom.

Mense kies nie noodwendig om weerloos te wees nie. Dalk was dit die noodlot, of sistemiese onreg. Om almal oor dieselfde kam te skeer bied onvoldoende beskerming teen die aanslag van hierdie dodelike virus. 

Ons kan nie die weerloses teen die noodlot beskerm nie, maar ons kan deur opoffering ongelykheid aanspreek. Die pandemie is ‘n duur les oor uitbuiting, en dit is ‘n les wat ons as Afrikaners al te goed ken. Die prys wat sommiges van ons hiervoor betaal is om onder ‘n vreemde kudde, wat in ‘n taal blêr wat ons nie ken nie, te wag totdat genoeg mense aansterk voordat ons kan terugkeer. 

Enige boer of veldkenner sal vir jou kan sê, ‘n ooi ken haar lam en sal aanhou roep. Dit het drie skrikkeljare geduur, maar die Boesmanland het reën gekry en die gras is nou baie groener.

Hulpbronne

Ander is ook daar om in hierdie tyd te help. Hier is ‘n bron van artikels, webtuistes en skakels:

Ondersteun mense so wat rou – Corne van Graan

Kinship Rituals – Planning for a funeral in times of physical distancing

South African Depression and Anxiety Group

Braam Klopper – Pastorale Sielkundige

The Groundswell Project – Dying to know

Sufjan Stevens – Recording as a way of grieving