
Stories wat grense oorskry
Drie dekades van militêre diensplig tydens die Grensoorlog en burgerlike onluste vanaf 1966–1993 het ‘n verreikende impak op meer as een generasie Suid-Afrikaners gehad.
Vir dié van ons wat as deel van die Born Free generasie grootgeword het, is diensplig ‘n waas van grappies om ‘n braaivleisvuur, ‘n genadelose rugbyafrigter, stille bekwaamheid op ‘n jagekspedisie, ‘n vergete kitaarakkoord, uitbundige kameraderie by skoolreünies, ‘n gade se simpatieke blik, ‘n swyg, of ‘n uiting van: “My kind, dit het niks met julle uit te waai nie.”
P.W. het sy weergawe gehad. Vertel ons joune.

Gedigte in bloed geskryf – Diensplig

‘n Potgooiprojek om ons pa’s te verstaan
Diensplig is ‘n onpartydige, onafhanklike mondelingse geskiedenisprojek.
Het jy iets om oor militêre diensplig tydens Apartheid te sê? Was jy op die Grens, of betrokke tydens die onluste? Al wat jy benodig is jou slimfoon, ‘n stil kamer, ‘n goeie gespreksgenoot indien verkies, en ‘n bietjie waagmoed.

Ek was daar
Het jy diensplig gedoen? Moes jy grens toe gaan? Het jy geweier om te gaan? Was jy ‘n spoorsnyer?
Was jy aan “die ander kant”? Was jy as ‘n buitelandse of burgerlike “terroris” bestempel?
Mense van my was daar
Moes jy iemand groet? Was jy ‘n Dankie Tannie? Is jy ‘n kind van iemand wat daar was?
Is jy ‘n kind van iemand wat as “terroris” bestempel is?

Maak só
‘n opname van hoë kwaliteit
Donasies
Ons ontvang geen fondse van politieke- of gemeenskapsorganisasies nie. Help ons om die gesprek aan die gang te hou:
Bank: FNB
Account Holder: Anelia Heese
Account Type: Easy Account
Account Number: 62692103478
Branch Code: 250655
Verwysing: Diensplig

Wat Diensplig níé is nie
Bydraes wat Apartheid verheerlik sal nie aanvaar word nie.
Bydraes wat enige vorm van geweld verskoon sal nie aanvaar word nie.
‘n Plig tot versoening
Diensplig is ‘n projek deur Herklink. Ons missie is om trauma met stories te versoen. Diensplig streef daarna om die generasie wat in die Nuwe Suid-Afrika tot volwassenheid gekom het, insig te gee oor die tydsgees waarin ons ouers grootgeword het. As ons jul storie beter verstaan, sal ons werk maak daarvan om ‘n storie van ‘n oper, vryer Suid-Afrika aan ons kinders te vertel.