To our English site
Vanaf geboorte is jou stem die instrument waarmee jy jou emosies uitdruk. Soms is dit die enigste manier hoe jy kan sê hoe jy werklik voel.
Ons lag, ween, jubel, roep, kuier, sing. Ons stemme breek. Beeld hierdie emosies uit met ‘n professionele klankverwerking: ‘n unieke geskenk aan jouself en jou geliefdes.
Ons wil jou help om ‘n oomblik van nabyheid in hierdie grendeltyd te skep.

Herklink: Herinnering in Klank
Anelia se oupa is in Mei 2020 in die Wes-Kaap oorlede. In Junie skryf haar ouma via Whatsapp: “Ek kon nie eers my maat groet nie… ek kon net vir oulaas by die hospitaal se ingang my elmboog teen syne druk. Hy het in sy laaste oomblikke na my geroep en ek kon nie daar wees nie.”
Na aanleiding van hierdie onbewustelike roep na hulp, ontwikkel Anelia en Andri ‘n “virtuele gedenkdiens”. Bydraes kom van reg oor die wêreld: sy dogter en kleinkinders in Australië, familie oor die hele land, die NG Gemeente uit sy geliefde tuisdorp. Op hierdie besonderse wyse vergader almal een Sondag om 10:30 – elk in hul afsonderlike sitkamers – om afskeid te neem.
‘n Skrale plaasvervanger, maar in hierdie tragiese omstandighede kon dit tog troos bied – sodanig dat dit ons roeping geword het om hierdie troos aan ander te skenk.
Skrywe aan Die Kerbode
Rou in die tyd van Covid-19
My Getuienis – LiG Tydskrif
Kleindogter wil ander help na Oupa se dood

Gedenkdiensbegeleiding
Die afsterwe van ‘n geliefde is ‘n groot verlies. Neem afskeid met ‘n intieme klankopname. Huldeblyke, gebed en musiek kan troos bied in ‘n moeilike tyd. Só help ons jou:
- Samestelling van sprekers:
- Leraar
- Nabye familielede
- Vriende
- Begeleiding van sprekers
- Insameling en verwerking van klankgrepe
- Transkripsie en hersiening
- Verspreiding van klankopname: privaat en noukeurig
- Gedenkblaadjie in slimfoon-vriendelike formaat
Twee vriendinne van toeka
Herklink is ‘n diens gelewer deur Anelia Heese en Andri Burnett. As twee kaalvoetkinders uit die dorpie Augrabies loop ons al 25 jaar saam, en vanaf universiteit op verskillende kontinente: Anelia in Nuremberg, Andri in Kaapstad. Ons klop by mekaar in met klankgolwe: oproepe, musiek, en podgooie.

Staaltjies en Verhaaltjies
Veral in hierdie moeilike tyd moet ons herinner word aan die mooi dinge in die lewe.
1. Kies tema’s
Sêgoed van kleuters | Stories uit jul kinderdae | Verlowings en troues | Vakansies | Gewoontes en roetines | Skoolonderwysers | Gunstelingspeelgoed | Sportprestasies | Konserte | Grappies | Troeteldiere | Studentejare | Huise en bure | Ouma’s en Oupa’s | Gunstelingkos | Jou keuse en kombinasies
2. Deelnemers
Dink aan mense wat jy graag in die verwerking wil insluit, en stuur dan hul kontakbesonderhede aan.
Ons bied raad aangaande die bekendstelling aan die deelnemers.
3. Verwerking
Ons versamel klankopnames via WhatsApp, Facebook Messenger en e-pos vir jou. Ons transkribeer die opnames en verwerk dit tot ‘n verhaal met passende agtergrondmusiek. Jy ontvang die eerste konsep. Ons maak die verlangde veranderings en stuur die finale weergawe deur. Ons bied raad oor hoe om die opname te versprei.

Kontak ons vir ‘n persoonlike konsultasie
Anelia Heese
+49 151 248 31025
herklinkheese@gmail.com
Foto’s deur The Woods Photography en eie. Kopiereg voorbehou.